Hosanna-app

Ons glo dat hierdie app vir jou LIG sal bring in daardie oomblikke waar jy donker om jou ervaar; dat elke boodskap via die app jou nader aan die antwoorde in jou lewe sal bring wat Abba Vader eintlik vir jou in gedagte het. Dat jy werklik sal begin beleef dat God liefde is en dat liefde God is; dat jy sal begin beleef hoe jy elke dag kan leef in krag en genesing van Jesus se pryswat vir jou betaal is en dat jy elke sekonde van jou lewe in die Opstandingskrag van God Die Heilige Gees kan leef DEUR 'N PERSOONLIKE VERHOUDING MET JOU VADER, JOU VERLOSSER EN JOU VERTROOSTER.

Ek en my man is BEVOORREG om Hosanna te kan lei soos DIE HEILIGE GEES ons LEI.

App vrystellingnotas

Kyk preke

Jy kan dr. Leonie se boodskappe onder die "Preke en Videos" afdeling deur die app op jou selfoon kyk! Nuwe preke word gereeld bygevoeg. Maak seker dat jy 'n goeie WiFi/internetkonneksie het. Dit is gratis om die preke te kyk, maar omrede dit "streaming" is, sal dit van jou data gebruik.

Ontmoet die span!

Onder die "Ons Span" afdeling sal jy die gesigte van elkeen wat by Hosanna betrokke is sien! Maak kennis met ons fasiliteerders (wat altyd gereed staan in bereidwilligheid om die Goeie Nuus te verkondig) asook ander spanlede waarmee jy kontak kan maak.

Hosanna Kalender

Bly op hoogte van opkomende konferensie- en kursusdatums wat deur verskeie spanlede van Hosanna en dr. Leonie aangebied word onder hierdie afdeling van die app.

Speel die Bybel-vasvra speletjie!

Hiervoor moet jy ingeteken wees. Skep jou Hosanna-profiel by die "Teken in" funksie om jou profiel gratis te registreer en te skep. Brei jou Bybelkennis uit deur hierdie speletjie. 'n Nuwe vasvra speletjie sal maandeliks opgelaai word. 

Ander belangrike notas

  • Die app is tans slegs op Android (Google Play) beskikbaar. Ons beplan om die app ook later in 2019 op iOS (Apple & iPhone) vry te stel. Baie dankie vir jou geduld!  
  • Jy moet 'n aktiewe WiFi- of internetkonneksie hê om die app te kan gebruik.
  • Nuwe en opwindende afdelings word met bywerkings (updates) bygevoeg. Maak dus seker dat jy die Hosanna-app gereeld op datum hou (update via Google Play). Maandelikse bywerkings sal onder hierdie afdeling van die app bespreek word.
  • Binne-app bywerkings: die app mag dalk af en toe aan jou noem dat daar nuwe inligting beskikbaar is om af te laai. Klik dan net op "Yes" of "OK" en siedaar - al die nuutste inligting is in die palm van jou hand!
  • Sommige funksies sal vereis dat jy 'n profiel op die app moet skep. Deur 'n profiel te skep, aanvaar jy outomaties om by dr. Leonie se nuusbriefdatabasis gevoeg te word. Alle funksies bly dus gratis en daar is geen inskrywingsfooi ter sprake nie.

Vir enige bystand/navrae in verband met die app, stuur gerus 'n e-pos aan Francois by info@leoniepretorius.co.za.

Geniet die app en wees geseënd!